Hoërskool Burgersdorp
MNR EN MEJ BHS 2013
MNR & MEJ BHS 2013 – HAVANA NIGHTS
Havana Nights was dit voorwaar! Van die musiek tot die dekor en kos. Terwyl die gehoor hul aandjie in Kuba geniet het, het die stresvlakke agter die gordyne hoog geloop. Die 20 deelnemers, waarvan ‘n paar se hande in hulle baadjiesakke gebewe het en ander nie kon wag vir hulle oomblik in die kollig nie, het die gehoor totaal betower.
Vir die beoordelaars, Louis Retief, Margie Wilson en Yolandi Marx was dit ‘n baie moeilike taak, want die een was mooier as die ander. Lucinda, Cialize en Terina het pragtig gesing en na die aanddrag was daar ‘n modeparade deur Annari se kunsleerlinge van “Centro de Artre”. Hul rokke was gemaak van afvalmateriaal. Dit was die hoogtepunt van die aand en het almal behoorlik aan die praat gehad.
Die aand het tot ‘n einde gekom en die wenners is aangewys. Baie geluk aan Mnr en Mej Fotogenies – Schalk Vorster en Inneke Streicher.
In die derde plek van Mnr en Mej BHS : Damian Labans en Chantelle Coetzee. Tweede : Tiaan Erasmus en Terina Retief.
En in die eerste plek : Mnr en Mej BHS vir 2013 : Sinethemba Taba en Inneke Streicher! (foto’s)
Baie dankie aan al die borge wat altyd die skool so ontbaatsugtig ondersteun :
Burgersdorp Apteek
Burgersdorp Spar
Chantel (Gimnasium)
Dr Christo Kritzinger
Gariep Finansiële Dienste
Hagenhuis
Isanra Rossouw
Leon's Biltong en Braai
Nu-Nu's Restaurant
Philip de Wet Oogkundige
Putter en Genote
Tanja Haarsalon
Uit Ons Kontrei
Baie dankie aan Andries de Bruin vir die neem van die foto’s.
SOLIS VIR CHRISTUS
BHS HOU TROUE!
Beide Christine en Pieter is werksaam by Hoërskool Burgesdorp. Namens die leerders, personeel, beheerliggaam en sommer die hele dorp en kontrei wens ons julle wonderlike jare saam toe! |
SA PREMIX BORG SKOOL
Ons waardeer jou lojale ondersteuning en goeie gesindheid teenoor ons skool. Nogmaals baie dankie!
Skoolhoof & Personeel BHS
Op die foto verskyn : Vlnr : Agter: Pieter Verster, Gerrit van Rooyen (Skoolhoof), Johann Vosloo (SA Premix), Johanna van Niekerk, Marlene Heunis, Marieta van Wyk, Almaré Pieterse, Piet & Pienkie Swanepoel, Deon van Straaten. Middel : Christine Verster, Melani de Klerk, Irma Davel, Linelle Sauer, Janice Roodt, Jo-Ann Troskie, Linda Mostert, Dawie Minnaar. Voor : Yolandi Bredenkamp, Pieter Mostert, Anél Marx, Henriëtte Koen. BLIKKIE VEREER VIR PRESTASIESHoërskool Burgersdorp het weereens sy naam gestand gedoen!
|






